Sankwasa val vas met Witbooi-twis August 17, 2025

Landelike ontwikkelingsminister James Sankwasa kon Vrydag op Gibeon nie ‘n oplossing vir die twis oor die Witbooi-hoofmanskap bewerkstellig nie. Net Hendrik Witbooi en sy ondersteuners het opgedaag, terwyl Salomon Witbooi en sy kamp weggebly het. Sankwasa het die saak nou in die hande van die Hardap-goewerneur en –streeksraad gelaat om ‘n laaste vergadering tussen die twee partye te belê. Indien hulle nie tot ‘n vergelyk kom en een kandidaat kies nie, sal die saak deur ‘n verkiesing beslis word, sê Sankwasa.