Vandalisme by NamWater beloop N$664 440August 18, 2025
Tien transformators by NamWater se boorgate is Vrydag by die mond van die Kuisebrivier op Walvisbaai beskadig om toegang tot koperdraad en ander metaal te kry en te steel. Die waarde hiervan is 664 440 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie en niks van die buit is reeds opgespoor nie. Die polisie se ondersoek duur voort.