Man dood na bakleiery oor sigaretteAugust 18, 2025

‘n Stryery oor sigarette het ‘n man Vrydagaand sy lewe gekos. Die oorledene en die verdagte was agter op ‘n bewegende voertuig naby die aansluiting van die Kalkfeld-Outjo-pad toe die rusie ontstaan het. Die verdagte het die slagoffer glo met ‘n Okapi-mes in die bors gesteek. Hy is in die hospitaal dood. Volgens ‘n getuie wat ook agter op die voertuig was, het beide mans dronk voorgekom. Die verdagte is in aanhouding.