St. Paul’s vat meisieshokkie Superliga-kroonAugust 18, 2025

Die Meisies Super Hokkie Superliga het die naweek ten einde geloop met die span van St. Paul’s wat as die kampioene gekroon is. Hulle het Windhoek Gimnasium met 5-0 verslaan in die finaal op Windhoek Gimnasium se tuisveld, King Price Aalwynpark. In die semifinale het St. Paul’s met 3-0 koning gekraai oor Pro-Ed Akademie, terwyl Windhoek Gim met 2-0 baas gespeel het teen Windhoek Afrikaans Privaatskool. Die eindstryd vanjaar het die kroon gespan op ‘n toernooi wat die diepte van talent in skoolmeisies-hokkie beklemtoon het, met uitstekende spel deur al die spanne.