KI help om diewe van N$440 miljoen-diamant vas te trekAugust 18, 2025
Die polisie in Dubai het drie diewe vasgetrek slegs ure nadat hulle ‘n baie seldsame pienk diamant van 440-miljoen Namibiese dollar gesteel het. ‘n Diamanthandelaar wat die edelsteen uit Europa gebring het, is na ‘n villa gelok deur ‘n misdaadbende wat voorgegee het ‘n ryk kliënt wil dit besigtig. Die edelsteen is egter gesteel toe die handelaar vir die besigtiging opgedaag het. Die polisie sê drie mense uit ‘n onbekende Asiatiese land is binne drie uur aangekeer danksy die optrede van spesialis- en veldspanne wat die nuutste kunsmatige intelligensie-tegnologie gebruik het.