Laaste dag om vir November te registreer August 19, 2025
Dit is vandag die laaste dag vir kieserregistrasie vir die plaaslike owerheidsverkiesings in November. Die Namibiese Verkiesingskommissie het onlangs aangekondig net meer as 19 000 nuwe kiesers is sedert 4 Augustus geregistreer. Die kommissie doen ‘n beroep op diegene wat nog nie geregistreer het nie om dit teen sewe-uur vanaand te doen. Kieser-apatie in plaaslike owerheidsverkiesings wek jare reeds kommer.