Sonop Farming skarrel na permit in SA opgeskort isAugust 19, 2025

Sonop Farming by Noordoewer, ‘n reuse-tamatie-produsent, se permit om na Suid-Afrika uit te voer, is volgens wat berig word deur die buurland, teruggetrek. Die maatskappy se onvermoë om na Suid-Afrika uit te voer, sal na verwagting 18 individuele boere raak, wat die risiko loop om hul produkte gedurende die uitvoerseisoen tussen April en Oktober vanjaar te verloor. Dit sal lei tot daaglikse verliese van 200 ton tamaties en 2,9 miljoen Namibiese dollar in inkomste. Die Akkerbouraad het Kosmos 94.1 Nuus na landbou verwys en ons wag op reaksie. Intussen het die uitvoerende hoof van Sonop Albert van der Merwe onderneem om later met die nuuskantoor oor die jongste, te praat.