Tamatiegeskil tussen Namibië, SA opgeklaarAugust 19, 2025

Gesprekke is aan die gang tussen Namibië en Suid-Afrika nadat die Suid-Afrikaanse owerhede die invoerpermit vir die Namibiese tamatieprodusent Sonop Farms teruggetrek het. Die stap kan lei tot groot werkverliese en die vernietiging van duisende tamaties. Die woordvoerder van die landbouministerie, Simon Nghipandulwa, sê opdaterings sal volg soos die onderhandelinge voortduur.

Intussen het Kosmos 94.1 Nuus pas verneem dat pogings deur die owerhede vrugte afgewerp het. Terwyl jy hierna luister is Sonop besig om sy vragmotors te laai.