Oud-renosterboer John Hume deel van ‘renosterhoring-sindikaat’: ValkeAugust 19, 2025

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat een van die ses vermeende lede van ‘n renosterhoring-smokkelsindikaat wat in Pretoria gearresteer is, die bekende oud-renosterboer John Hume is. Hy is bekend daarvoor dat hy die grootste renosterbevolking in aanhouding ter wêreld geteel het. Die 83-jarige Hume het saam met vyf ander in die Pretoria laerhof verskyn nadat hulle deur die Valke gearresteer is. Volgens die Valke se luitenant-kolonel Christopher Singo het die verdagtes na bewering aansoek gedoen vir permitte om sowat 964 renosterhorings in Suid-Afrika te verkoop en te koop. Die horings was egter vir onwettige markte in Suidoos-Asië bestem. Dit is nog nie bekend of borgtog toegestaan is nie.