Groenwaterstof soek voorstelle vir projekte, US$250m beskikbaarAugust 20, 2025

Namibië se Groenwaterstofprogram berei voor vir ‘n groot finansiële hupstoot nadat hulle deur die Klimaatbeleggingsfonds genooi is om ‘n sektorale transformasie-beleggingsplan te ontwikkel. Hierdie inisiatief is daarop gemik om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar te ontsluit vir grootskaalse private en publiek-private projekte. Die program soek voorstelle van projekontwikkelaars met hoë ontkoolstof-potensiaal om ‘n gedeelte van hierdie fondse te ontvang. Jona Musheko, die woordvoerder van die program, het met Kosmos 94.1 gesels.