Internetverbindings lyk bedroef in 9 strekeAugust 20, 2025
‘n Omvattende terreinverifikasie deur Cran oor nege streke het onthul dat daar of min of geen internetverbinding i s nie. Die verifikasieproses het 25 instellings, bestaande uit 23 skole en twee klinieke, in die Karas-, Kunene-, Omaheke-, Otjozondjupa-, Omusati-, Ohangwena-, Oshikoto-, Kavango Oos- en Zambezi-streke, geteiken. Die doel was die assessering van 16 voorgestelde terreine vir die tweede fase om mobiele breëband- en stemdienste uit te brei. Volgens Cran het 14 van die 23 skole wat besoek is, glad nie netwerkkonnektiwiteit nie, terwyl nege onderbroke diens ervaar. Wat die twee klinieke betref, is bevind dat hulle geen stem- of datakonnektiwiteit het nie.