Pasiënte betaal veel meer, vir minder dekkingAugust 20, 2025
Die Namibiese Privaatpraktisynsforum waarsku teen ‘n groeiende ontkoppeling tussen stygende lidbydraes en krimpende voordele oor NAMAF geaffilieerde mediese hulpfondse, ten spyte van versterkte bedryfsreserwes. Die forum se uitvoerende hoof, dr. Jürgen Hoffmann, merk op dat in 2024 het lidbydraes met 9,9 persent gestyg terwyl die NAMAF-maatstaftarief nie verhoog is nie. Hospitaalvoordele is met ongeveer 33 persent verminder sedert 2023, en in die eerste kwartaal van 2025 het die mediese fondse se reserwes versterk, met oop fondse teen 33,8 persent en geslote fondse teen 66,5 persent. Hofmann sê reserwes groei terwyl pasiënte hoër koste en verminderde dekking dra. Die stelsel skuif kostes na die siekes, nie na die verbetering van hul sorg nie.