Sacky en kie se Chinhengo-aansoek van die hand gewysAugust 20, 2025

Adjunk-regterpresident Hannelie Prinsloo het ‘n aansoek van sommige Fishrot-beskuldigdes om die besluite van die vorige verhoorregter Moses Chinhengo nietig te verklaar, van die hand gewys. Die beskuldigdes, insluitend oud-justisieminister Sacky Shanghala, het aangevoer dat Chinhengo se aanstelling onkonstitusioneel was. Om die rede is al sy besluite toe hy die verhoor behartig het, volgens hulle ongeldig. Prinsloo het nie ‘n kostebevel gemaak nie. Die Fishrot-verhoor is vroeër deur die nuwe verhoorregter Marlize du Plessis uitgestel tot hierdie aansoek afgehandel is, en sal na verwagting nou kan voortgaan.