Makataanstukke wen eerste heelvrugkonfyt-kampioenskapAugust 20, 2025
Compagniesdrift by Stellenbosch se makataankonfytstukke is aangewys as Suid-Afrika se heelvrugkonfyt van die jaar in die nuwe Suid-Afrikaanse heelvrugkonfyt-kampioenskap. Sewentig produkte van 29 vervaardigers is in hul onderskeie afdelings erken, met elf kategoriewenners wat uitgeblink het. Die hoofbeoordelaar, Susina Jooste, sê Compagniesdrift se makataankonfytstukke het indruk gemaak met die wenkombinasie van geur, tekstuur en algehele gehalte. Ander produkwenners sluit in Uit-Die-Bottel-kweperkonfyt, Ritebrand se perske-blatjang en Hemelhuijs se koemkwat-marmelade.