Laaste besending muntstukke met Elizabeth op, vrygestel August 21, 2025

Die laaste klompie een-pond muntstukke met die gesig van wyle koningin Elizabeth II kom in sirkulasie in Brittanje, met meer as 23-miljoen stukke wat vrygestel is. Die Koninklike Munt sê die vrystelling van die laaste Elizabeth II-muntstukke, wat 2021 en 2022 gedateer is, verteenwoordig ‘n deurslaggewende oomblik in die geskiedenis. ‘n Verdere 7,5-miljoen nuwe muntstukke wat koning Charles III uitbeeld, kom ook in sirkulasie. Sy gesig pronk sedert 2023 op Britse muntstukke, maar slegs op die een-pond en die 50-pennie-muntstuk.