Hoofstad se Julie-bouplanne vertoon goedAugust 21, 2025
Stad Windhoek het in Julie 241 bouplanne ter waarde van 175,6 miljoen Namibiese dollar goedgekeur. IJG Securities sê dit weerspieël ‘n toename van 66,2 persent teenoor die 145 wat in Junie goedgekeur is. In monetêre terme is dit ‘n toename van 48,6 miljoen dollar. Die jaar-tot-datum waarde van goedgekeurde bouplanne het teen die einde van Julie 1,2 miljard dollar bereik, 2,1 persent hoër as op dieselfde tydstip in 2024. Oor die afgelope twaalf maande is 1 970 bouplanne goedgekeur met ‘n totale waarde van 2,24 miljard dollar.