Uganda gaan ook onwelkome VSA migrante aanvaarAugust 21, 2025

Uganda het ingestem om migrante te ontvang wat nie kwalifiseer om in Amerika te bly nie. Washington se nuutste poging om deportasie te bespoedig behels dat die Trump-administrasie onderhandel om mense na derde-wêreldlande te stuur, insluitende El Salvador en Eswatini. Volgens die Verenigde Nasies het Uganda reeds die grootste vlugtelingbevolking, met bykans 1,7-miljoen mense. Uganda is die jongste land in Oos-Afrika wat so ‘n ooreenkoms met Washington gefinaliseer het, na Rwanda en Suid-Sudan. Mense met misdaadrekords en onvergeselde minderjariges sal nie aanvaar word nie.