Capricorn Skole Netbal-liga bereik hoogtepuntAugust 21, 2025
Die Capricorn Skole Netbal-liga finale vind môre en Saterdag by die Windhoek Gimnasium netbalbane en United se netbalbane plaas. Die aksie begin môre met ses kwarteindronde-wedstryde in al die mededingende ouderdomsgroepe van Onder-12 tot Onder-19, terwyl twee halfeindstryde ook gespeel sal word. Nog twee halfeindstryde sal Saterdag beslis word, voor die eindstryd die middag. Vanjaar het 85 spanne van 30 openbare- en privaatskole in die Khomas, Karas, Hardap, Otjozondjupa, Kunene, Oshikoto, Omaheke en Erongo-streke aan die liga deelgeneem.