Voorspelling vir 2025-26 reënseisoen louwarmAugust 22, 2025

Die Namibiese Meteorologiese Diens het sy voorspelling vir die komende reënseisoen bekend gemaak. Tussen Oktober en Desember sal normale en bo-normale reënval in die noordoostelike dele voorkom met onder gemiddelde neerslae in die res van die land, veral die Suide. Normaal en bo-normale neerslae word tussen Januarie en Maart volgende jaar verwag oor die grootste dele van die land behalwe die Karas-streek en die land se kusgebied waar neerslae onder 50mm verwag word. Voorspellings vir die Hardap-streek is ook redelik traag en tussen 50 en 100mm.