Banke eis N$40m in mosiehofAugust 22, 2025

Die twee sessies van die mosiehof vanoggend het 94 aansoeke vir verstekvonnisse hanteer met 14 op die reël 108-rol. Regters Lotta Ambunda en Andrew Corbett het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 42 van die aansoeke gebring en eis 13 eiendomme met ‘n skuldlas van 27,6 miljoen Namibiese dollar op. Daar is ook 26 lenings met skuld van amper 12,3 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Drie voertuie moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Deon Obbes 39 onverdedigde egskeidings.