Stad Windhoek kondig 8,6% verhoging in krag aan, verwyder aankondiging na navraeAugust 22, 2025
Die herrie is ontketen met ‘n plasing deur Stad Windhoek wat sy elektrisiteitstariewe opgestoot het met 8,6 persent. In die plasing op sy sosiale media omstreeks half-12 vandag op die 22ste Augustus het hy die verhoging aangekondig, maar dit is terugwerkend vanaf 1 Augustus. Die Elektrisiteitsbeheerraad stel tans ondersoek in na navrae deur Kosmos 94.1 Nuus. Die Stad se aansoek vir ‘n tariefverhoging is in Julie op ys geplaas na dokumentasie ontbreek het. Die Stad het gevra vir rondom 4 persent en die raad het 3,9 persent goedgekeur. Stad Windhoek het Kosmos 94.1 se oproep gesny en die plasing is intussen verwyder.