Hongersnood in Gaza amptelik bevestigAugust 22, 2025

‘n Voedselsekerheids-liggaam gesteun deur die Verenigde Nasies sê hongersnood is die eerste keer bevestig in Gaza-stad en omstreke. Die Integrated Acute Food Security Body sê meer as ‘n half-miljoen mense ondervind hongersnood, armoede en dood wat na verwagting volgende maand na omliggende dorpe sal uitbrei. Israel se buitelandse sake-ministerie het die verslag verwerp en sê daar is geen hongersnood in Gaza nie. Die hoof van die VN, António Guterres, het die krisis as ‘n hel op aarde en mensgemaakte ramp beskryf, en onbeperkte humanitêre toegang tot Gaza gevra.