Plaaslike owerheidsverkiesing-deelname duik skerp sedert 1992August 22, 2025
‘n Ontleding deur Cirrus in die hoofstad toon ‘n uiters kommerwekkende neiging – deelname aan die plaaslike owerheidsverkiesings het sedert 1992 skerp afgeneem. In 1992 was deelname aan plaaslike owerheidsverskiesings op 81,1 persent met die stemmery vir streeksrade op 82,3 persent. Dit het afgeneem na onderskeidelik 39,9 en 33,7 persent in 1998. In 2004 was die opkoms 57,5 persent en 45,5 persent en het daarna in die dertigs gebly. In 2020 het 37,4 persent van kiesers vir plaaslike owerhede gestem en 43,2 persent vir streeksrade. Cirrus sê ontledings deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing toon die opkoms is laag omdat kiesers nie weet hoe belangrik die verkiesing is nie.