Britte betaal miljoene in skadevergoeding aan KenianeAugust 23, 2025

Die Verenigde Koninkryk het ingestem om skadevergoeding aan meer as 7 000 Keniane te betaal wat geraak is deur ‘n brand wat deur ‘n Britse militêre oefening vier jaar gelede veroorsaak is. Die saak is ná ‘n uitgerekte regsgeding buite die hof geskik. Volgens ‘n prokureur van die eisers gaan die Britse regering 2,9 miljoen pond uitbetaal.