Visbedryf genereer miljarde in uitvoere August 24, 2025
Die 235 vissersbote en 30 verwerkingsaanlegte tans in bedryf in Namibië het die afgelope twee jaar bykans 28 miljard Namibiese dollar se uitvoerinkomste gegenereer, sê visseryeminister Inge Zaamwani. In die eerste kwartaal vanjaar het uitvoerinkomste net meer as vier miljard dollar beloop. Die sektor verskaf tans werk aan meer as 19 400 Namibiërs, waarvan sowat 70 persent op land werk.