Krieket: Vierde seisoen van SA20 op Nuweland August 24, 2025

Die eindstryd van die vierde seisoen van die SA20 sal op 25 Januarie volgende jaar gespeel word op Nuweland – tuisveld van die verdedigende kampioen, M-I Cape Town. Die liga se kommissaris, Graeme Smith, het ook aangekondig dat die drie uitspeelwedstryde in Durban, Centurion en op die Wanderers in Johannesburg gespeel sal word. Die spelerveiling sal op 9 September plaasvind waar ‘n maksimum van 131 miljoen rand bestee mag word. Die registrasieproses vir kaartjieverkope sluit die 15de en die toernooi begin op 26 Desember.