Landelike internet onder die loepAugust 25, 2025

Landelike internet toegang raak ‘n kritieke uitdaging in Namibië met landbou, die jagbedryf en toerisme, en sekuriteit wat daarop staatmaak. Voorgestelde mobiele satelliettoepassings word verder as onbekostigbaar vir boere beskou. Volgens die NLU se hoofbestuurder Roelie Venter is internetverbinding in landelike gebiede nie meer ’n luukse nie, maar ’n absolute noodsaaklikheid om daagliks sake te doen. Boere het dringend oplossings nodig. Vier Namibiese geregistreerde diensverskaffers, Echo Namibia, Oblixx Communication Networks, Rocketnet Internet en Blue Telecommunications, het hul voorstelle by ‘n openbare vergadering met Cran, as fasiliteerders vir die plaaslike mark aangebied, in samewerking met Starlink-mededinger OneWeb. OneWeb onderhandel steeds, nes Starlink, met die regering vir vrystelling van die vereiste dat 51 persent van plaaslike internetverskaffers aan Namibiërs moet behoort.