ANC verloor steun, nou onder 30%August 25, 2025

‘n Nuwe peiling deur die DA toon dat die ANC 11 persentasiepunte nasionaal verloor het sedert verlede jaar se algemene verkiesing, met die party se steun nou onder 30 persent. Die DA is net een persentasiepunt agter met 29 persent. Die DA het die ANC ook in verskeie metropolitaanse gebiede verbygesteek. In Johannesburg is die ANC op 23 persent in die peiling vergeleke met die DA se 40 persent, terwyl die ANC in Tshwane op 27 persent en die DA op ‘n stewige 48 persent is. In Ekurhuleni het die ANC 19 persent steun, met die DA op 41 persent. In die verlede was die DA-peilings besonder akkuraat. Dit word daagliks telefonies onder 1 820 demografies verteenwoordigende respondente gedoen wat almal geregistreerde kiesers is.