Namcor-saak tot November uitgestelAugust 25, 2025
Die bedrog- en korrupsiesaak van Namcor is tot 20 November uitgestel vir verdere ondersoek. Dit is vandag in die Windhoek-landdroshof uitgestel, toe vier van die beskuldigdes – Cedric Willemse, Lydia Elindi, Connie van Wyk en Austin Elindi – voor landdros Jurina Hochobes verskyn het. Die uitstel is gedoen in die afwesigheid van die ander beskuldigdes in die saak, wat Vrydag in die hof verskyn het vir die aanhoor van slotargumente in ‘n borgtogaansoek wat ses weke gelede begin het. ‘n Tweede borgtogaansoek, waarin Willemse aansoek moet doen om borgtog toegestaan te word, sal Woensdag begin.