Honderde miljoene nodig om honger in Namibië te stuit August 26, 2025

Bykans 900 miljoen Namibiese dollar is nodig om te sorg dat mense in Namibië tot 2029 nie honger ly nie, toon die Wêreldvoedselprogram. Om voedselkwesbares tot die einde van Januarie volgende jaar te help, gaan sowat 8,8 miljoen dollar kos, sê die WFP in hul jongste verslag. In Julie vanjaar, het meer as 96 000 mense by die WFP en die regering se voedselhulpprogramme gebaat. Hiervan was bykans 38 000 kinders.