Bek-en-klouseer steek kop uit in Vrystaat August 26, 2025

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het vier nuwe gevalle van bek-en-klouseer bevestig. Drie van die gevalle is op twee kommersiële plase en in een gemeenskaplike weidingsgebied by Kroonstad opgespoor. Die vierde geval is op ʼn plaas naby Cornelia in die Mafube-munisipaliteit. Die departement sê beweging word beperk op alle plase binne ʼn radius van tien kilometer van die betrokke plase. Hy sê diere op die besmette plase sal eerste ingeënt word.