Australië verban Iran se ambassadeurAugust 27, 2025

Australië het die Iranse ambassadeur, Ahmad Sadeghi, verban en beskuldig dat die land aandadig is aan anti-semitiese brandstigtingsaanvalle in Sydney en Melbourne. Dit is die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat Australië ‘n ambassadeur verban. Eerste minister Anthony Albanese sê intelligensiedienste het tot die gevolgtrekking gekom dat Iran minstens twee antisemistiese aanvalle uitgevoer het. Hy sê Teheran was agter die brandstigting by ‘n kosjerkafee in die voorstad Bondi in Sydney in Oktober verlede jaar en ook ‘n groot brandstigtings-aanval by die Adass Israel-sinagoge in Melbourne in Desember.