Omgewingskonsultant nou eers aangestel vir groenwaterstof in nasionale parkAugust 27, 2025

Die Namibiese Groenwaterstofprogram het na jare se vertragings ‘n internasionale firma aangestel om ‘n omgewing impakstudie in die Tsau //Khaeb Nasionale Park uit te voer. Dit kom na hy reeds ‘n Chinese firma aangestel het om die 180 miljard Namibiese dollar se aanleg te bou. Environmental Resource Management is in meer as 40 lande gestel. Dit moes reeds gebeur het voor enige planne vir die aanleg daargestel is maar die program sê daar is nog tyd om die planne aan te pas volgens die studie.