Travis en Taylor is verloof August 27, 2025
Die veertienmalige Grammy-wenner Taylor Swift en die driemalige Super Bowl-kampioen Travis Kelce het verloof geraak sowat twee jaar nadat hulle hul verhouding aangekondig het. In ‘n gesamentlike Instagram-plasing het die paartjie geskryf “Your English teacher and your gym teacher are getting married”. Die plasing het meer as 24-miljoen likes gekry. Die aankondiging volg net dae nadat Swift in ‘n verskyning op Kelce se potgooi New Heights wat hy saam met sy broer Jason aanbied, ‘n seldsame blik op haar verhouding met hom gegee het.