Amper 6 miljoen kubiek in sewe dae uit damme benut August 28, 2025

Terwyl die land se damme steeds baie goed vertoon, is daar amper 6 miljoen kubieke meter in die afgelope week benut, met geen water wat uit Neckartaldam gepomp is nie. By Hardap het produsente amper 2,3 miljoen kubiek benut en by Naute is 536 000 kubiek gebruik. Net meer as 3 miljoen kubiek is uit die Suide se damme gebruik. Net meer as 1 miljoen kubiek is uit die drie sentrale damme benut. Sentrale bronne is tans op 75 persent met bronne vir die Suide op 88 persent, Neckartal ingesluit. In die Ooste is bronne op net meer as 29 persent.