John Kani kan by Academy vir Oscar-benoemings stemAugust 28, 2025

Die gevierde akteur, regisseur en draaiboekskrywer, John Kani, is nou ʼn lid van die toonaangewende Academy of Motion Picture Arts and Sciences se stemliggaam. Hierdie eksklusiewe groep kies elke jaar die Oscar-wenners. Kani en die fliekvervaardiger Anant Singh is die enigste Suid-Afrikaners wat tans lede van dié elitegroep is. Kani, wat wêreldwyd bekend is vir sy rolle in Black Panther en Disney se Mufasa, sê hy sal hierdie instelling met eerlikheid en integriteit dien.