Kombat-myn sal moontlik in K4 bedrywighede hervatAugust 28, 2025

In Mei 2025 het Trigon Metals ingestem om sy hele belang in Namibië se Kombat-myn aan Horizon Corporation te verkoop vir 24 miljoen Amerikaanse dollar. Dit kom na die myn op 16 Januarie oorstroom het. Daar is destyds gesê Kombat kan bedrywighede in die laaste kwartaal van vanjaar hervat, so vroeg as September. Intussen is amper 500 mynwerkers huis toe gestuur met die belofte dat hulle eerste weer in diens geneem sal word. George Ampweya van die Mynwerkersvakbond het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Horizon Corporation beoog wel om bedrywighede te herbegin en te stabiliseer en die maatskappy het reeds begin met die opgradering van pompstelsels, beleggings in behandelingsfasiliteite en die aanstelling van onderhoudspanne.