September-brandstofpryse bly onveranderdAugust 29, 2025
Die brandstofpryse bly onveranderd in September, het die energieministerie aangekondig. Petrol kos steeds 20 Namibiese dollar 37 sent per liter by Walvisbaai, diesel 50dpm kos 19 dollar 92 sent per liter en diesel 10dpm 20 dollar 2 sent per liter. Die ministerie sê die gemiddelde internasionale oliepryse was in Julie effe laer, terwyl die Namibiese dollar effens versterk het teen die Amerikaanse geldeenheid. Ten spyte hiervan was daar onderverhalings van 11,5 sent per liter petrol, 50,4 sent vir diesel 50dpm en 42,1 sent vir diesel 10dpm.