Trump wil R89 miljard se hulp stuitAugust 30, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het stappe gedoen om 89 miljard rand se buitelandse hulp te verhoed wat deur die Kongres goedgekeur is. Dit dui op ‘n moontlike federale stilstand ná 30 September omdat Demokrate daarteen gekant is. Trump het aan die Huis van Verteenwoordigers geskryf en gesê die besnoeiings raak programme van die departement van buitelandse sake en die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling. Demokrate waarsku enige poging om befondsing om te keer wat die Kongres reeds goedgekeur het, sal enige onderhandelings beëindig om ‘n begrotingsverlamming te vermy.