Mariental-tragedie: MVAF gaan help met kostesAugust 31, 2025
Slagoffers van die ongeluk Saterdag naby Mariental, waarin 15 mense dood is, sal finansiële hulp van die Motorvoertuigongelukfonds met begrafnisse ontvang. Beseerdes sal ook met hul mediese kostes ondersteun word, het die MVAF gesê. Intussen het die Namibiese Korrektiewe Dienste alle besoeke aan die Hardap-gevangenis tot verdere kennisgewing opgeskort. Elf van die oorledenes in die ongeluk was personeel van die tronk.