Duisende vuurwapens in misdaad in NamibiëAugust 31, 2025
Meer as 3 200 voorvalle waarin vuurwapens betrokke was, is tussen 2021 en 2024 deur die Namibiese polisie aangeteken. Altesaam 165 mense is vermoor en 538 sake van poging tot moord is ondersoek. Vuurwapens is ook in bykans 1 500 rooftogte in die oorsigtydperk gebruik. Die polisie het dié statistiek Vrydag tydens die bekendstelling van September as amnestiemaand vir onwettige vuurwapens ammunisie vrygestel. Die publiek kan tydens die maand onwettige wapens en ammunisie by die polisie inhandig sonder om enige gevolge te dra.