Oregen Energy optimisties oor olie in NamibiëAugust 31, 2025

Die Kanadese maatskappy, Oregen Energy, is optimisties oor die vooruitsigte vir die ontdekking van olie in ‘n eksplorasieblok in die Oranje-kom aflandig Namibië. Oregen het ‘n indirekte belang van bykans 34% in Blok 2712A. Volgens die uitvoerende hoof van Oregen, Mason Granger, neem die vraag na olie internasionaal toe en steun die wêreld steeds op die ontdekking van nuwe bronne. Hy het met CEO.CA gepraat: