Meer as 18 miljoen Angolese kwanza uit voertuig op Oshakati gesteelSeptember 1, 2025
Meer as 18 miljoen Angolese kwanza in kontant, bykans 347 000 Namibiese dollar, is Vrydagmiddag na bewering uit ‘n motor gesteel wat tussen die staatshospitaal en hoërhof op Oshakati geparkeer was. Volgens die slagoffer was hy in die hospitaal vir behandeling en met sy terugkeer was die deur van sy motor oopgebreek. Verskeie ander items is ook gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem en niks van die gesteelde buit is teruggevind nie.