Krieket Vrouewêreldbeker bied hoër prysgeld as manstoernooiSeptember 1, 2025
Krieket: Die prysgeld vir die Vrouewêreldbeker-krieket gaan die mansuitgawe oortref met ‘n totale prysgeld van 244-miljoen Namibiese dollar. Die Internasionale Krieketraad het aangekondig die pryspot is vermeerder van die 62-miljoen dollar in 2022 en is nou meer as die 176-miljoen dollar van die laaste manswêreldbeker. Die 13de uitgawe van die vroue-50-boulbeurt-toernooi begin op 30 September in Indië en Sri Lanka. Die wenners van vanjaar se Vrouewêreldbeker sal 88-miljoen dollar ontvang. Dit is ‘n toename van 239-persent van die prysgeld wat Australië in 2020 gewen het.