Springbok-vroue eerste keer in wêreld-top tienSeptember 1, 2025

Rugby: Die Springbok-vroue se sterk vertoning by die Wêreldbeker in Engeland het gesorg dat hulle vir die eerste keer onder die top tien op die wêreldranglys is. Suid-Afrika het sy tweede oorwinning van die toernooi behaal toe hulle Italië gister met 29-24 in York uitoorlê het om die kwarteindronde vir die eerste keer te haal. Die Bokke is nou boaan Groep D met tien punte na twee bonuspunt-oorwinnings. Hulle speel nou teen Frankryk wat tweede geplaas is, en wat ook reeds tot die uitklopfase deurgedring het, terwyl Italië en Brasilië uitgeskakel is.