Lüderitz-watertoevoer saans af, reservoir moet volSeptember 1, 2025

Inwoners van Lüderitz moet nog ‘n rukkie geduldig wees voordat watertoevoer na normaal terugkeer. NamWater sê in ‘n opdatering dat die watertoevoor saans afgesny sal word terwyl die reservoir volgemaak word. Dit sal aanhou tot die reservoir vol is. Die wateronderbreking het begin na ‘n pypbreuk op 27 Augustus aangemeld is. Herstelwerk sou sowat 24 uur neem, maar onverwagse komplikasies het veroorsaak dat dit eers op 30 Augustus voltooi is. Intussen is nog ‘n pypbreuk aangemeld en dit het weer effens begin lek waar die pyp herstel was. NamWater sê finale herstelwerk word nou gedoen en behoort teen vanaand afgehandel te wees. Die dorp sal bedags water kry deur ‘n verby-waterpyp tot die reservoir vol is.