Swapo teken skerp daling in bates aanSeptember 2, 2025
Luidens Swapo se jaarverslag het die party se bates vanjaar gedaal tot net minder as ‘n miljoen Namibiese dollar teenoor 12 miljoen dollar in 2024. Volgens die party se finansiële sekretaris Lucia Iipumbu is dit as gevolg van die verlies aan setels in die parlement en waardevermindering van bates. Die party het 13 miljoen dollar verloor met die verlies van 12 setels in verlede jaar se verkiesings.