NNN sluit noordelike besoek af September 2, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah, vergesel deur die landbouminister en haar adjunk, het haar 10-dae lange werksbesoek aan landboufasiliteite regoor die noordelike streke van die land afgesluit. Die besoek het in die Zambezi-streek begin, waar sy die Kalimbeza-rysplaas besoek het. Sy het toe na Kavango-Oos gegaan, waar sy die Shadikongoro-, Ndonga Linena- en Uvungu Vungu groenskema besoek het. In Kavango-Wes het sy die Sikondo Groen Skema besoek. Sy was ook by die Unam Ogongo-kampus en het ook by Etunda ingeloer. Die hoof doelwit is voedselproduskie veral in die lig van klimaatsverandering.