Besige seehandelsroete tussen Namibië, Asië verwag September 2, 2025

Belowende aanduidings van olie langs die Namibiese kus sal waarskynlik die vraag na olietenkers op die roete tussen die land en Asië verhoog, sê die New Yorkse ontleders Poten & Partners. Hoewel Dangote ‘n reuse-olieraffinadery in Nigerië het, glo Poten Namibië sal sy olie in ru-vorm uitvoer, sou die vondse in die Oranjekom kommersieel ontginbaar wees. TotalEnergies neem vroeg volgende jaar ‘n beleggingsbesluit oor die Venus-veld, terwyl Galp na ‘n vennoot soek om die Mopane-veld te ontwikkel.