Gibeon-meteoriet vir miljoene in Nederland opgeveil September 2, 2025
‘n Skaars meteoriet van 240 kg uit die Gibeon-omgewing is vir meer as 36 miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling in Nederland verkoop. Dit is grootste meteoriet wat ooit in Nederland van die hand gesit is. Dit is in die 19de eeu ontdek en is reeds sedert 2004 in die besit van ‘n sterrewag in Dordrecht. Die opbrengs uit die verkoopstransaksie sal die sterrewag in staat stel om ‘n nuwe planetarium te bou.